Hy vang self die dief

Mnr. Ben Booysen het binne ’n bestek van drie uur sy gesteelde beursie terug gekry nadat hy die dief agtervolg het.

Hy het die diefstal wat by sy huis plaasgevind het, by die polisie aangemeld waarna hy die dief agterna gesit het.

Hy het die skurk tot in Parow gevolg, uiteindelik die dief ingehardloop, om getamp en oor hom die wag gehou tot die polisie opgedaag het.

Die dief het hom in sy huis in Kusweg, Melkbosstrand, besteel terwyl hy en sy vrou geslaap het.

Die dief het blykbaar ’n venster gebreek en so sy rooftog uitgevoer.

Sy beursie, rybewys en ’n paar DVD’s was in die sak wat die dief gesteel het.

 

.