Hef sanksies op teen Zim

“Die internasionale sanksies teen Zimbabwe is nie tot voordeel van dié  land nie en dra ook niks by om die dooie punt op te los nie. Suid-Afrika vra die res van die wêreld om oorweging te gee om sanksies teen Zimbabwe op te hef.”

Dit is die uitspraak van Maite Nkoana-Mashabane, die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking.

Volgens Nkoana-Mashabane moet Zimbabwe ná die verkiesing, weer toegelaat word om die groter internasionale gemeenskap met gesprek toe te lig en die land se ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling daardeur verbeter.

Zimbabwe word deur die die meeste lande met sanksies geboikot weens dié omstrede president Mugabe se handelinge.

Die ANC-regime wil sien dat die sanksies opgehef word, want Mugabe was oor dekades ’n bondgenoot tydens die sogenaamde “struggle”.

Foto – Maite Nkoana-Mashabane