Haelstorm waarskuwing

Die Weerdiens waarsku dat erge haelstorms verwag kan word

Sterk wind gaan gepaard met die huidige reeks haelstorms wat oor groot dele van die Vrystaat en Transvaal verwag word.

Die voorspelling geld vir Sentraal Transvaal, en die oostelike deel van Wes-Transvaal en dele van Oos-Transvaal, sowel as die suidelike deel van Noord-Transvaal.

Dit kan Woensdag en Donderdag in die gebiede hael.