Haai aanval.

Die Nasionale Seereddings Instituut (NSRI) bevestig dat ‘n onbekende man by Lower Point langs Albatrosstrand in Jeffreysbaai weens ‘n haai-aanval gesterf het.

Die voorval het volgens die NSRI, omstreeks 11:30 Vrydagoggend plaasgevind.

‘n Doktersvrou, Herlene Malherbe, het gesê haar verwer het gesien wat gebeur het.

Die NSRI sê volgens ooggetuies het die oorledene in die gebied gesnorkel en is oorblyfsels van ‘n lyk aan die polisie oorhandig.

Volgens inwoners is dit die eerste noodlottige haai-aanval in Jeffreysbaai.