Grafien – Een van die grootste ontdekkings die afgelope eeu

Een van die grootste moderne tyd se ontdekkings is die wondermineraal, bekend as grafien (Engels graphene).

Grafien het ongelooflike eienskappe. Dit is slegs een atoom in dikte, harder as diamant en 200 keer sterker as staal. Dit is so dun dat een kilogram ‘n hele sokkerveld kan bedek. Grafien is ‘n 1000 keer beter geleier van elektrisiteit as koper. Nog ‘n merkwaardige eienskap is dat dit byna  met die blote oog gesien kan word, alhoewel dit net een atoom dik is.

Die toepassings van grafien is nog in die beginstadium en dit word verwag dat die toepassingsveld ‘n groot omwenteling in die wêreld gaan veroorsaak op vele alledaagse en tegniese terreine. Dit maak sonpanele 20 tot 100 keer meer effektief, dit verhoog semi-geleiers se spoed 50 tot 100 keer en vliegtuie kan 70% ligter gemaak word. Dit maak dat batterye 10 keer vinniger gelaai kan word en 10 keer meer krag kan berg. Daar word selfs gespekuleer dat dit in staat sal kan wees om voorwerpe en mense onsigbaar te maak.

Slegs ‘n beperkte aantal maatskappye in die wêreld het tans toegang tot die minerale bronne om grafien te vervaardig en hiervan is 70% in China.

Safien was sowat tien jaar gelede deur ‘n  Nederlandse-Britse wetenskaplike, Andre Geim, “toevallig” ontdek. Dit het aan hom en sy kollega, Kostya Novoselow, in 2010 die Nobelprys vir fisika besorg.