Gevangenes mishandel

Die Departement van Korrektiewe Dienste ondersoek bewerings dat die personeellede van die veiligheidsmaatskappy G4S, gevangenes in die Mangaung-private tronk mishandel het.

Volgens berigte is gevangenes onder dwang met teen-psigotiese middels ingespuit en aan elektriese-skokterapie onderwerp.

G4S het in ‘n verklaring uit Londen gereageer dat personeellede nie toegang het tot medisyne nie en dit nie kan toedien nie. ‘n Derdeparty-mediese sentrum is vir die "gesondheid en behandeling" van gevangenes verantwoordelik.

"Dis jammer dat die media ‘n storie opvolg op grond van die onbewese bewerings van anonieme bronne, ontevrede oud-werknemers en veroordeelde misdadigers," het Andy Baker, streekspresident vir G4S Afrika gesê.

Die Departement van Korrektiewe Dienste het op 9 Oktober beheer van die tronk oorgeneem nadat ‘n video van die mishandeling van gevangenes bekend geword het.

Sibusiso Ndebele, Minister van Korrektiewe Dienste, sê "geen steen sal onaangeroer gelaat word" om te verseker dat dié wat "onmenslike dade" pleeg, die gevolge van hul dade dra nie. 

Jan Fiskaal sê: Die streekspresident vir G4S Afrika het nie die getuienis op die video verduidelik nie. Privaat tronke is ‘n nes van onheiligheid. Verlede jaar in Amerika is twee regters vir 15 jaar tronk toe gestuur omdat hulle omkoopgeld van maatskappye soos G4S ontvang het, om soveel as moontlik mense skuldig te bevind sodat hulle tronke 100% vol is. Anders is dit nie ‘n wins nie.

Verder, is daar ook getuienis gelewer dat hierdie "privaat tronke" noue samewerking met farmaseutiese maatskappye het wat hulle middels op  gevangenes uittoets.