Geneesheer verras terroriste

Toe twee vermeende skurke gedink het hulle kan ’n geneesheer van Ficksburg in die Vrystaat beroof, het hulle hul rieme styfgeloop.

Die een swarte kan van geluk spreek dat die dokter hom nie met sy eie vuurwapen dood geskiet het nie.

Dr. Andries de Klerk (64) het met ’n verbetenheid geveg teen die twee rowers wat in sy spreekkamer ingekom het om hom te beroof.

Die moontlikheid dat hulle as terroriste ’n moord beplan het, kan nie uitgesluit word nie, want hulle was gewapen.

Een van die skurke het ’n handwapen teen dr. De Klerk se kop gehou.

Maar die dokter het begin stoei met die skurk, en uiteindelik die wapen omgedraai teen die skurk se bors.

Hy het die sneller getrek, maar die skoot het nie afgegaan nie, anders was die boef bokveld toe.

“Ek was bang as hulle my vrou kry, gaan hulle haar verkrag. Gelukkig het hulle nie eens naby my vuurwapens gekom nie”, het ’n vasberade dokter gesê.

Behalwe vir ’n blou oog en ’n seer lyf, het dr. De Klerk nie ander beserings nie.

 

.