Gedig sonder opskrif

Gedig geskryf deur ’n jongeheer van 13 jaar.

 

Oor die einde van hierdie berg sal die Boerevolk hul nie vererg,

al word hulle so geterg en al is hulle besig om te sterf.

Hulle is besig om weg te kruip

van die mense wat hulle wil vasgryp.

Hulle is besig om te vlug

van die mense wat hulle wil verwurg.

Waarom het jy toegelaat dat kinders verslaaf kan raak aan televisie?

Ja, hulle vloek en skel en laat vertel

die sondes van hulleself.

Waarom word my mense so verdelg?

O Boerevolk, waarom het julle God verlaat

en nog ook trots geraak?

Die dwaasheid van my volk is nou ontbloot

en nou-nog is my volk besig

om die wysheid van die Here te verstoot.

Ja, die ongeregtigheid van my volk is vreeslik groot.

Maar die tyd is nog nie klaar wanneer

ons die grote krag van God werklik sal ervaar

en wanneer Hy sy ware volk voor almal openbaar.

‘Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.’

Maar wanneer hierdie al’s gebeur

sal daar baie mense wees wat wens hulle het lankal terug bekeer.

V Jones