Fransman besoek RSA.

Pres. Francois Hollande van Frankryk is Maandagoggend met ‘n oorverdowende kanonsaluut van 21 skote by die Iniegebou in Pretoria verwelkom.

Die Franse president is op ‘n staatsbesoek aan Suid-Afrika. Hy is by die Uniegebou deur pres. Jacob Zuma verwelkom.

Nadat Hollande die presidensiële wag geïnspekteer het, is die twee na die wesvleuel van die Uniegebou vir bilaterale geprekke. Hy sal ook ‘n besoek aan die Vryheidsmonument bring.

Konflik in Afrika en hulp aan Suid-Afrika met kernkrag is twee van die sake wat bespreek sal word.

Hollande is vergesel deur agt van sy kabinetslede, ‘n sake-afvaardiging en ‘n groot groep Franse joernaliste.