Etna spuug lava oor Sicilië

Die beroemde vulkaan se uitbarsting het tot gevolg gehad dat die Italiaanse eiland se lugruim vir ‘n ruk moes sluit.

Europa se grootste en mees aktiewe vulkaan, Etna, het Saterdag weer uitgebars wat gloeiende lawa en rook oor die Italiaanse eiland, Sicilië gestuur het.

Die vulkaan is baie aktief, maar die laaste groot uitbarsting was in 1992. Die naweek se uitbarsting is voorafgegaan deur ‘n reeks ondergrondse trillings.