Engelse spoel weg

Brittanje staar ‘n vervoerchaos in die gesig weens ‘n hewige storm wat teen Maandagoggend reeds 75,00 mense in die noorde van Frankryk sonder elektrisiteit gelaat het.

Die Britse nasionale weersentrum het inwoners gewaarsku dat bome omgewaai en geboue beskadig kan word. Onderbrekings in die kragtoevoer en erge ontwrigting van lug-, spoor- en padvervoer word ook verwag.

‘n 17-jarige meisie en ‘n man in sy vyftigs het in afsonderlike voorvalle gesterf nadat bome op hulle geval het. Reddingswerkers vrees ook dat ‘n 14-jarige seun dood is nadat hy Sondag deur seestrome in Newhaven, Sussex meegesleur is.

Die storm, met winde van byna 160 km/u en swaar reën sal na verwagting vandag oor Engeland en Wallis beweeg. Vloedwaarksuwings is uitgereik.

Vervoer is reeds ontwrig, veral op lughawens in die suide van Engeland, insluitend Heathrow waar talle vlugte gekanselleer is.

Treinvervoer kan ook geraak word weens voorwerpe wat weens die storm op spoorlyne beland. Eurostar, wat ‘n veerbootdiens oor die Engelse kanaal bedryf. het voorlopig dié diens opgeskort.