Engels as versoeningstaal?

Is dit nou weer “Engels, Engels, alles Engels”!

Die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, prof. Jonathan Jansen, is bekend vir sy uitgesprokenheid as sosiale- en politieke kommentator. Dit is veral sy uitsprake rakende studente se vermoëns om te presteer in Afrikaans as hulle moedertaal, wat die vraag in die lug laat hang presies wat sy bedoeling is met sy uitlatings oor Afrikaans. Sy nuutste is dat “Eksklusief wit skole en Universiteite ‘n ernstige gevaar inhou vir rasseverhoudinge in Suid-Afrika.”

Verlede week het hy by die Percy Baneshik gedenklesing die “stelling” gemaak dat Engels, eerder as Afrikaans, die taal van versoening in hierdie land moet wees. Sy motivering berus op die aanname dat Engels in plaas van ‘n inheemse “moedertaal” van die grondslag-fase tot op universiteitsvlak as onderrigtaal aan leerlinge gebied moet word. Hy sien dit as ‘n langtermynoplossing vir die voortslepende krisis in die onderwys.

Prof. Jansen het in dié lesing aangedui dat swart ouers engels as onderrrigtaal verkies omdat hulle “die korrekte berekening maak dat die hele ekonomie in Engels georganiseer is …en hulle kinders se kans op sukses soveel groter is as ..in  die koloniale taal”. Volgens hom maak die algemene aanvaarding van engels as onderrigtaal die speelveld vir almal gelyk.

Die ontwikkeling van Afrikaans, van die destydse kombuistaal tot ‘n volwaardige spreektaal , onderrigtaal en uiteindelike Akademiese taal, is klaarblyklik nie ‘n grootse moment ( vir prof. Jansen )  in ons trotse Afrikaner-erfenis nie. Dit gaan tog gepaard met die totstandkoming van meer as een Afrikaanse Universiteit wat bekend was vir die hoë akademiese prestasies wat bereik is.

Wat sou dan die doel wees met die doelgerigte  aanslag op die Afrikaanse Universiteite?  In prof. Jansen se eie woorde rakende die rewolusie oor taalgebruik op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat … menseverhoudings, .uitgepluis voor taalverhoudings. Deur wit en swart studente saam te bring as mense..”

Dit bring ons terug by die ou argument wat so gou vergeet word: Elke volk bou met trots aan ‘n eie geskiedenis. Die geskiedenis wat na vele jare se harde werk en bewese suksesse ‘n eie plekkie in die son verwerf het en jaarliks daarop voortbou. ‘n Eiesoortige kultuur, ‘n taal wat deur ons self ontwikkel en uitgebou word, ‘n onderwysstelsel waarop ons baie trots is , ‘n onafhanklike regbank en so kan ons voortborduur op ons prestasies!