Ek sien dit so!

Saam met al die slegte dinge waarmee ons daagliks gekonfronteer word, sluip ‘n verlore brokkie goeie nuus ook soms in.

Kyk, dis seker nie baie mooi van Neelsie om hom te verlekker in ‘n ander koerant se afsterwe nie, maar in hierdie geval doen ek dit met ‘n trek om my mondhoeke wat dalk soos ‘n glimlag mag lyk.

En die koerant ter sprake is…”Die Sondag”. Dit is daardie vulgêre koerant wat die afgelope paar maande uit hulle pad gegaan het om mense soos Sunette Bridges sleg te sê omdat hulle dit waag om die Volksmoord aan die groot klok te hang.

Neelsie het amper op sy rug geval toe een van die (voormalige)werknemers van die koerant gesê het dat dit ‘n slag vir Afrikaans is. Maggies maar dit was nou vir jou die stelling van die eeu! Die vermenging van Afrikaans en Engels is vir hulle mooi Afrikaans? Dis eerder ‘n skande!

Ons almal, dis nou die regdenkendes, moet baie bly wees oor hierdie verwikkeling. Dit dui daarop dat die Boikot Naspers-aksie besig is om vrugte af te werp. Dit wil tog ook voorkom of Afrikaners nou begin moeg raak vir die agtertangse liberale leuens.

Selfs al is een van ons haters nou gestil, duur die stryd steeds voort. Ons mense word daagliks nog aangeval, gemartel en vermoor. Ek kan nie anders as om aan die geval van die 92-jarige dame te dink wat deur ‘n barbaar verkrag is nie. Wie doen sulke dinge…of eerder, wat doen sulke dinge?

Maar nou ja, ons is mos moeg en ons verklaar dat dit nou genoeg is. Tog het die swart roomysverkoper sakke vol geld gemaak by die “Genoeg is Genoeg”-optoggangers tydens die Red-October byeenkoms in Pretoria. Sou daardie selfde verkopertjie dit gewaag het om tydens ‘n sogenaamde diensleweringsoptog sy roomyse te verkoop? Natuurlik nie! Hy weet dat hulle regtig kwaad is-vir watter rede ookal, en ons soveel genoeg gehad het dat dit duidelik nog nie genoeg is nie.

Tot ‘n volgende keer…iets wat “Die Sondag” nie hierdie week kan sê nie, wees paraat, wees veilig en volhard met die boikot-aksie wat ‘n verskil maak.

Boeregroete,

Kordaat Neelsie