Ek sien dit so!

Wanneer ‘n volk aan’t opstaan is, wonder ek of dit klein begin en namate die ogies oopgaan spoed optel?

Verlede Donderdag se sogenaamde “Red October”-byeenkomste het beslis die idee geskep dat iets besig is om te gebeur. Daar was nou nie die duisende optoggangers soos voor gehoop sou kon word nie, maar Neelsie het ‘n hele paar nuwe gesigte gesien by die Pretoria-byeenkoms. Meer verblydend was die teenwoordigheid van ons jonger volksgenote.

Dit het nie lank geneem nie, of die liberaliste was op hulle perdjies en gereed met die afvuur van hulle gifpyle. Neelsie dink toe so by sy selwe: Waarom is die liberaliste doodstil oor en doodtevrede met almal anders se optogte? Of sal ek eerder sê vernietigingsveldtogte…

Sunette Bridges, die hoof-organiseerder, het haarself met waardigheid en ‘n skerp tong gedra tydens ‘n onderhoud op SAFM Maandagoggend. Die doelbewuste verdraaiing van feite deur die onbevoegte omroeper, was beslis nie Sunette-bestand nie. Ons dapper Boervrou het met mening teruggekap toe president Paul Kruger as die “vader van apartheid” uitgebeeld is. Sunette, ek sien dit so, jy het jou uitstekend van jou taak gekwyt. Baie geluk!

Die SAFM-sirkus het wel een baie belangrike boodskap oorgedra aan elke blanke daar buite: Blankes moet dankbaar wees dat hulle met soveel welwillendheid behandel word, en nou ophou met hulle rassisme.

Aangesien daar niemand so blind is soos hy wat nie wil sien nie, glo ek nie die deelnemers aan die Ruwe SA se verkiesings sou die boodskap raakgehoor het nie. Ek vertaal graag. Deur te stem, verleen jy legitimiteit aan die regering van die dag. Daardie regering is besig om jou te vertrap omdat jy blank is. Die vraag is dus nie vir wie jy moet stem nie, maar eerder of jy jou tyd moet mors om wel te stem. En die antwoord? Stem reg, bly weg!

Raak betrokke by organisasies wat werklik aan jou kant is, lees tussen die lyne en pasop vir die multi-kulturele wolwe in skaapsgewaad.

Boeregroete,

Kordaat Neelsie