Ek sien dit so!

Wanneer sal ons volk die punt bereik waar hy genoeg gehad het? Of is dit een van ons vele talente om agteroor te sit en die vernietiging te aanskou?

Op 10 Oktober, Heldedag; Krugerdag; Opstaandag; noem dit wat jy wil, sal daar minstens dertig saamtrekke regoor die wêreld plaasvind om die vernietiging van die blanke in Suid-Afrika op die voorgrond te plaas.

Die vraag is: Hoeveel mense sal op hierdie dag opdaag? Dit is alombekend dat daar duisende grootpraters is. Hulle belowe hoog en laag dat hulle hierdie geleentheid of daardie optog sal meemaak, net om nooit op te daag nie. Sonder gewete, sonder skuldgevoel en sonder skaamte.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek verkeer glad nie onder die indruk dat hierdie regering hom enigsins sal steur aan ons besware nie. Dit is tog logies. Hulle ignoreer ons eie verkose Boere-Afrikanervolksraad reeds twee jaar lank. Waarom sal hulle nou skielik luister, omdat hulle skrik? Tog kan ons nie agteroor sit en alles gelate aanvaar nie. Klein en skynbaar nuttelose veldslae is ook nodig in enige stryd. Dis hierdie klein houe wat lei tot groter oorwinnings.

Ons kan tog nie maak of alles reg is terwyl ons mense op die wreedaardigste wyse denkbaar uitgemoor word nie. Dis tyd dat ons konsolideer en die alewige pratery opvolg met dade.

Ons huidige roete is op koers om in die geskiedenisboeke aangeteken te word as die geslag wat so lamsakkig was om soos skape die dood af te wag. Dit sal dus ‘n beter opsie wees om op te staan en geweeg te word terwyl daar nog mense is wat bereid is om wel op te staan. Wie weet, oor ‘n paar jaar is die papbroeke dalk al wat oor is om aksie te neem.

Moenie wag tot dit te laat is nie. Jy mag dalk nie veel weet van, of omgee vir jou voorouers se opofferings nie, maar doen dit dan vir jou nageslag.

Die volgende vraag het betrekking op ons huidige situasie en die antwoord is doodeenvoudig: Wat kan jy daarby baat om niks te doen nie? Die dood!

Boeregroete,

Kordaat Neelsie