Egpaar slagoffers van terroriste

Die terroriste het in Wes-Transvaal toegeslaan op die bejaarde egpaar Van der Schyff van die plaas Morester, Klerksdorp.

Mev Hennie van der Schyff (73) is blykbaar met ’n voorwerp teen die kop geslaan wat haar dood veroorsaak het.

Die polisie is egter nie seker of die wond dalk deur ’n koeël veroorsaak is nie, maar dit wil voorkom asof mnr. Frans van der Schyff (76) ’n soortgelyke wond opgedoen het, en verkeer tans in die hospitaal.

Mnr. Van der Schyff is steeds bewusteloos, en het bloeding op die brein. Daar word ook vir sy lewe gevrees volgens sy skoondogter, mev. Rika van der Schyff.

Die polisie van Wes-Transvaal beweer dat twee verdagte terroriste aangekeer is.