Droogte veroorsaak woede

Daar kan ’n revolusie, selfs ’n klein oorlog in Senekal ontstaan, omdat rondloper beeste hulle honger stil deur ander se goed te vreet.

Die gedoente is besig om onmin te saai, en die erge droogte in die gebied, is deels verantwoordelik daarvoor.

As beeste in die dorpserwe ingaan, en later behandel moet word teen vergiftiging, dan is daar ’n onrus aan die broei wat niks goed voorspel nie.

Magda Meyer is ’n inwoner wat vertel het dat beeste loop vanaf swart woongebiede om kos te soek in die tuine van blanke inwoners van Senekal.

Van die beeste wat in tuine rondgegaan het op soek na kos, is intussen dood. Blykbaar is die diere opgeblaas.

Dit kan veroorsaak word deur goed wat hulle in die tuine gevreet het, of dat hulle vergiftig is.

Die beeste se gepla in tuine is so erg dat inwoners nou hulle erwe beter gaan omhein om die diere uit te hou.

Meyer is van mening dat oorbeweiding een van die hoofredes is waarom daar nie weiding vir die diere is nie.

’n Ander inwoner meen egter dat die eienaars van die diere onverantwoordelik optree deur nie vir hulle diere te sorg nie, en hulle dan loslaat om self kos te soek.