Die land se tronke!

Elke tronkvoël kan daarmee spog dat die staat, en derhalwe met jou belasting geldjies, sowat R850 maandeliks bestee om hulle agter tralies te hou.

As in ag geneem word dat Suid-Afrika met sy oorvol tronke, tans meer as 155,000 oortreders huisves, dan word dit nogal ’n aardige bedrag.

As dit al was, kon die belastingbetaler dalk geglimlag het, want daar is nog ’n onregstreekse bedrag van sowat R8,800 per maand wat Korrektiewe Dienste moet opdok vir elke een wat agter tralies sit.

Dit beteken dat daar bykans R10,000 per maand per tronkvoël betaal word deur belastingbetalers.

Gedurende die afgelope boekjaar is 700 in tronke oorlede. Hiervan het 57 gesterf aan “onnatuurlike “ oorsake, wat kan beteken dat hulle doodgemaak is.