Die FED behou stimulering van ekonomie

Menige ontwikkelende ekonomie, soos die van Suid-Afrika, behoort dankbaar te wees dat die VSA se sentrale bank (die FED) besluit het om steeds sy land se ekonomie te stimuleer.

Die FED het besluit  om voorlopig voort te gaan tot Maart 2015 met die aankoop van staatseffekte teen $85-miljard per maand.

Die besluit help dat geld teen ‘n laer skaal uit ontwikkelende ekonomieë, soos die van Afrika en Indië, onttrek word.

Die rede vir die besluit van die FED is die VSA se swakker as verwagte indiensneming, laer produksie-uitset, en die gevolge van die onlangse regeringskrisses toe die Republikeinse Party nie verhoogde krediet vir die staat wou goedkeur nie en die staatsdiens vir 16 dae lam gelê was.