Die appeltjie het gewen

Coca-Cola is nie meer die wêreld se beste handelsmerk nie.

Die top handelsmerk in 2013 is nou Apple, vervaardiger van die iPhone en iPad.

Dit is die eerste keer dat dié koeldrankmaatskappy nie meer boaan die lys van "beste wêreldwye handelsmerk" verskyn nie.

Coca-Cola het twee plekke teruggesak. Google is nou in die tweede plek.

Apple sal egter nie agteroor kan sit met Samsung (9) in die beslissende slimfoon mark nie.

Blackberry het van die lys verdwyn en Nokia het van 13 na 57 geval. Daarenteen het Facebook van 69 na 52 geklim.