Cornelia de Wet nie AWB

In ‘n sterk bewoorde verklaring ontken die leier van die AWB, Mnr Steyn van Ronge, ten sterkste dat Cornelia de Wet lid is of was van die AWB.

Dit volg op ‘n media berig, waarin Cornelia de Wet kwansuis sou verklaar dat sy lid is van die AWB en waarin sy skuld erken het vir die Griekwastad moorde op die Steenkamp gesin.

Mnr van Ronge is verder met reg woedend vir die linkse media dat hulle ‘n berig plaas waarin beweer word dat Cornelia de Wet ‘n AWB lid is, sonder om die juistheid van die bewering by die AWB te toets. 

Na wat Die Vryburger kon vasstel, is Cornelia de Wet ‘n sielsiek persoon wat self voor haar arrestasie in 2012, gereeld aandag in die media gesoek het.