China hartlik verwelkom

Die ANC-regime se adjunk-president, Kgalema Motlanthe, het tydens sy afgelope besoek in Beijing sy ingenomenheid met die al hoe nouer bande tussen Suid-Afrika en China uitgespreek.

Hy het gesê dat die verhouding sedert  1998 verinnig het van ‘n diplomatiese verhouding tot ‘n omvattende strategiese vennootskap.

Montanthe het daarop gewys dat China S.A. se belangrikste handelvennoot geword het en dat hy graag sal wil sien dat China sy betrokkenheid by die land se mynwese, bankwese, energie, vervaardigingsektore en spoorweg-infrastruktuur moet vergroot.

 

Suid-Afrika het vroeër vanjaar aangekondig dat China miljarde rande se aanstellings van Spoornet gekry het en betrokke gaan raak by die voorsiening en plaaslike vervaardiging van lokomotiewe en verwante spoorvrag toerusting.