Chia / Salvia hispanica

Salvia hispanica, bekend as chia, is ’n blommende spesie van die mint familie, Lamiaceae, en kom oorspronklik van Suid Mexiko en Guatemala af.   Die genus is Salvia.

Die wetenskaplikes het in die sestiende eeu bevind dat dit geplant is deur die Aztec in die Columbiaanse tyd. Ekonomiese geskiedskrywers het voorgestel dat dit net so ’n belangrike voedselbron is as mielie-produkte.

Dit word vandag nog steeds in Mexiko en Guatemala en ook in Europa gebruik, somtyds met die saad, fyngemaal in voedsame drankies. Die woord chia kom van chian wat olierig beteken. 

Hierdie is ook ’n kruieplant wat tot 1 meter hoog word, met blare wat soos mintblare lyk en die blare is 4 – 8 cm lank en 3 – 5 cm breed. Dit dra ook pers of wit blommetjies wat aan die voorkant van lang stingels voorkom, en die blommetjies lyk baie na laventelblomme.

Hierdie plante vertoon pragtig wanneer dit in massas aangeplant word, want die “takkies” lyk soos speke en hul blommetjies is pragtig. Die blaartjies van die plant kan ook getrek word soos tee of gebruik word vir garnering.  Sommige van hierdie Salvia hispanica is geklassifiseer as S. lavandulifolia (wat met laventelplante te doen het).  

Hulle is redelik geharde plante.

Chia word kommersieel vir hulle saad gekweek, wat ryk is aan omega 3 vetsure. Die sade van hierdie plant is klein en ovaalvormig met ’n diameter van 1mm. In Mexiko gebruik die mense die sade fyngemaak in allerhande kos resepte.

In 2008 was Australia die wêreld se grootste verskaffer van Chia.

Volgens dieetkundiges bevat 28 gr. Chia saad 9 gr. Vet, 5 mg. sodium, 11 gr. vesel en 4 gr. proteïene.

Die sade is ook ryk aan kalsium en magnesium en die voedingswaarde word vergelyk met sesame sade. Die sade kan fyngemaak word en gebruik word in melkskommels, ontbyt graankos, energiestafies en yogurt. ’n Studie het getoon dat hierdie saad wat gebruik word in voedsel, baie goed is vir hartsiektes.

Hierdie is sommer ’n baie mooi plant in die tuin. Geniet u tuin vol rose hierdie maand en ook die blommende Jakarandabome. Mag ons tuiniers almal ’n heerlike bui reën ontvang, sodat ons gras kan groei.