Bruin Basse Steel by Elke Blanke

Die Sweep wil nou nie hoes, roep, skinder of paniek saai nie, maar het ek verkeerd gelees of is Rob Davies se middelnaam Heiden? Miskien is dit iets anders in sms-taal geskryf, maar ek sukkel om dié nuwe sub-taal te lees en na sy laaste uitlating is dit al wat in my pit wil bly vassteek.

Hy beweer dat BB SEB (sien opskrif) geen blanke verarm nie! So om ‘n deel van my besigheid na ‘n kort seremonie, wat alleen in die kantoor uitgevoer word en die herhaalde slaan van die skedelbeen teen die muur insluit, aan ‘n onbevoegde semi-geskoolde Malema aanhanger te oorhandig om die wins te deel van al die werk wat ek doen, maak my nie armer nie!

Die man se hamster het opgehou om sy wielietjie te draai! Hy is maller as die Springbokrammetjie wat die koeie probeer dek (en die rammetjie kan ten minste punte kry vir ambisie en deursettingsvermoë- Aanhouers probeer!) Dis net ‘n Kommin-nis wat so iets kan kwytraak.

Dis ‘n eenvoudige wiskunde som. Juffrou vra: Zuma het sewentien vroue. As hy een skei, een per ongeluk geslag word by ‘n Zoeloe – kultuurseremonie en een haar dooddrink by ‘n Gupta-partytjie, het Zuma dan meer vroue of minder vroue? Vusi verwyder drie van sy vingers uit die snotgrot aan sy gesig want hy wil een opsteek maar die ander  is ongelukkig aan dieselfde hand. Hy steek toe maar almal op, sy maatjie dink hy is die regstellende aksie Spiderman vanwee die blink spinnerakdraadjies wat tussen die uitgespreide vingers glinster en juffrou vra hom om te antwoord. “Eeh” wonder Vusi, “I tink is da same namba”. Maar Vusi is verkeerd. Zuma het minder vroue oor.

So ook sal iemand wat helfte van sy wins weggee, minder daarvan hê! Dit maak mens so vies dat ek dink Solidariforum moet onmiddelik ‘n sms daaroor stuur en ‘n petisie opstel, onderteken deur al hulle lede en ‘n klomp blankes!

Nee wat, mnr Davies. Jou middelnaam is gevaarlik naby aan die kol en jou noemnaam beskryf die hoofdoel van BB-SEB!

Tot volgende slag

Die Sweep