Boesmanhand, vat my land

Die waardige Uniegebou, wat eens die trots van Pretoria, en van Suid-Afrika was, word nou geleidelik afgetakel om ’n beeld van Afrika te kry.

Dit is onlangs vasgestel dat ’n beduidende deel van die koper-gedenkplate, met die name van soldate, wat in die Eerste en die Tweede Wêreldoorlog geveg het, nou verwyder is.

Sekere media probeer die verwydering daarvan afmaak as sou dit deur vandale gedoen wees, maar kenners meen dit is deur mense gedoen wat die Uniegebou, net soos die hele Pretoria, te verander wat dit ’n Afrika karakter gee.

Dit is plate met die name van soldate wat van 1914 tot 1918 en van 1939 tot 1945 geveg het. Alhoewel dit mense is wat hoofsaaklik teen Duitsland geveg het, en nie veel sentiment het van volksgenote nie, is dit egter van historiese waarde.

Die name van die Suid-Afrikaanse lugmagvlieëniers wat aan die orlog in Korea deelgeneem het, se plate is ook beskadig en ander glo verwyder.

Aangesien die Departement van Openbare Werke die Uniegebou “besit”, is hulle ook verantwoordelik vir die instandhouding daarvan.

Die Vryburger het ook berig van die voorneme om Mandela se standbeeld op te rig waar Genl. Louis Botha se standbeeld tans staan.