Boeremag Vonnis

Die Republikeinse Vrouebeweging het in ’n persverklaring, met diepe hartseer en misnoë kennis geneem van die vonnis wat opgelê is vir van die Boeremaglede op 29 Oktober 2013.

Ons dra die geliefdes sowel as die Boeremaglede op in ons gebede .

Ons is egter dankbaar vir die lede wat vry is en wens aan een en elkeen saam met hulle geliefdes voorspoed toe vir die toekoms.

By ons is daar geen twyfel dat reg en geregtigheid nie geskied het nie en

dat die uitspraak polities gemotiveerd is.

Van ‘n onafhanklike regsbank is daar klaarblyklik nie sprake meer nie, veral as in ag geneem word die belaglike “strawwe” van kaders van die regime in sake soos die van Jacob Zuma, Shabir Shaik en vele ander.

Ons doen ‘n beroep op volksgenote om nie toe te laat dat die uitspraak in

die Boeremagsaak hulle ontmoedig om deel te neem aan die vryheidstryd van

ons volk nie, maar wil ook vermaan dat daar nie nou ongeduldig geraak moet

word en dinge gedoen word wat jou in die howe sal laat beland nie, aangesien die howe nie vertrou kan word met geregtigheid nie.

 

Anneke Geldenhuys

Voorsitter

Republikeinse Vrouebeweging

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

—–

No virus found in this message.

Checked by AVG – www.avg.com

Version: 2014.0.4158 / Virus Database: 3615/6794 – Release Date: 10/30/13