Boer se toestand beter.


Die toestand van die enigste oorlewende van ‘n wrede plaasaanval by Barkly-Oos, wie se keel in die helfte deurgesny is, is nog stabiel.

Danie de Villiers (53), wat gister nog in die intensiewesorg-eenheid van die Mediclinic Bloemfontein was, se toestand het verbeter.

Amanda Appelgryn, hospitaalwoordvoerder, het gesê sy verdowing word verminder. hy toon tekens dat hy begin om sy bewussyn te herwin. Hy is egter steeds aan ‘n ventilator gekoppel.

De Villiers se ouers, David (87) en Ralie (86) is in dieselfde aanval op hulle plaas Broadlands vermoor.

Die vermeende moordenaar (22) is reeds in hegtenis geneem en verskyn Dinsdag in hof.