Bloulig motor skiet op motoris

Dit blyk dat ’n bloulig-motor vermoedelik een van die BBP-eenhede, op die N3 in die Durban omgewing, op ’n niksvermoedende motoris gevuur het.

Die bewering word gemaak dat nie minder as vyf skote op die motoris geskiet is omdat hy waarskynlik nie vinnig genoeg padgegee het vir die aanstormende “bloulig-voertuig” nie.

Owerhede probeer glo die potensiële moordenaars, wat hulle baasspelerige roekeloosheid op onskuldige mense uitvoer, identifiseer met die beeldmateriaal van verkeerskameras.

Die bloulig-voertuig is blykbaar toegerus met ’n nommerplaat van Sentraal Transvaal en word gekoppel aan dié provinsie se Departement van Openbare Werke.

By die tolhek wou polisie by die motoris weet of hy bewus is daarvan dat die luukse voertuig met ’n bloulig, ’n burgemeester vervoer.

Hy het geantwoord dat daar geen manier is hoe hy dit kan weet nie, en al is dit so, gee dit niemand die reg om op ander te skiet nie.

Die motoris het later terug gegaan na die toneel, en twee patroondoppies opgetel wat hy aan die polisie oorhandig het.

Waarnemers sê dat daar nie net te veel kriminele in die polisiemag is nie, maar daar is ook te veel regeringsmense wat in bloulig voertuie rondjaag, en op ander motoriste skiet, om blykbaar hulle mag te vertoon.