Baie mense ly honger

Die Verenigde Nasies(VN) se Voedsel en Landbou organisasie het ’n verslag uitgebring wat daarop dui dat een uit elke agt inwoners in die ganse wereld chronies ondervoed is terwyl miljoene ton ongebruikte voedsel daagliks weggegooi word.

’n Groot aantal lande sal ook nie hul doelwitte bereik soos wat dit aanvanklik gestel is nie, naamlik om hongersnood in hulle land aan bande te le, of minstens drasties te verminder nie.

Dié VN meen dat 840 miljoen mense, wat ongeveer 12% van die wereld se mense uitmaak, het in 2011 tot 2013 chronies honger gely.

In Afrika is meer as een uit vyf mense ondervoed, en die moontlikheid dat dit gaan toeneem, word ook voorsien deur die VN.