Ateïs Casper word geboikot

Die ateïs, Casper de Vries, verwag dat Christene hom moet respekteer, terwyl hy blykbaar nie dieselfde doen nie.

’n Veldtog is van stapel gestuur deur ’n sterk groep Afrikaners in Australië om De Vries se vertonings aldaar te boikot weens sy uitlatings oor God.

“As daar mense is wat nie na my vertoning wil kom nie, is dit reg so. Ek gaan nie optree vir neo-Nazi-rassiste nie,” het De Vries gesê.

Mnr. Arno Nel, die voorsitter van die Afrikaanse Klub, sê hulle “kan nie De Vries se vertonings in Australië ondersteun nie omdat hy omstrede is.

Nel het gesê De Vries se toer na Australië is breedvoerig onder die Afrikaanse Klub se komiteelede bespreek.

“Ons is ’n Christelike en ’n familie-georiënteerde klub, maar ons diskrimineer teen niemand nie,” het Nel gesê.

In korrespondensie met De Vries se promotor, het Nel gesê De Vries se aanmerkings jeens God kan nie weggewens word nie.