ANC soek skuldige

Niemand het tot sovêr aanspreeklikheid aanvaar vir die advertensiebord wat langs die N1 snelweg in Sentraal Transvaal aangebring is nie.

Nou soek die ANC na die skuldige, en wil sommer ’n klag by die OVK (Verkiesingskommissie) aanhangig maak.

Verskeie waarnemers sê die inligting op die bord is korrek en spreek maar net die waarheid.

Die advertensiebord se boodskap is sigbaar op die N1-noord by Randburg.

Die boodskap is in ’n ander taal en lui “E-tols. Proudly brought to you by the ANC”.