Amerikaanse oorlogsmisdade

Amerikaanse amptenare wat verantwoordelik is afstandbeheerde aanvalle waarin mense dood is, mag voor die hof vir hierdie misdade gebring word. Amnestie Internasionaal het bewyse van hierdie aanvalle op burgerlikes in Pakistan en Yemen.

Amnestie Internasionaal se verslag is gebaseer op die ondersoek na nege uit 45 aanvalle tussen 2012-’13 in Noord Waziristan, die gebied waar die afstandbeheerde aanvalle intensief is.

Die ondersoek is in die besonder rondom die dood van Mamana Bibi (68) wat op hierdie wyse gedood is terwyl sy groente saam met haar kleinkinders gepluk het.

Die verslag beskryf ook die gebeure in Julie 2012 toe 18 werkers, insluitende ‘n veertienjarige, dood is in Zowi Sidgi. Die mans het na werk in ‘n tent gerus toe die eerste missiel hulle getref het. Die tweede missiel het dié getref wat hulle wou help.

Amnestie Internasionaal is besorgd dat hierdie en ander missielaanvalle onwettige moorde op burgerlikes is wat gelyk is aan oorlogsmisdade," lui die verslag.

Amnestie sê deursigtigheid en verantwoordlikheid moet nou dringend aandag kry, iets wat die VSA tot dusver nie geredelik wou toelaat nie.