ABSA weg by Bafana

Die filiaal van Barclay’s Bank, ABSA, het aangekondig dat hy onttrek as ’n borg van Bafana-Bafana, maar die sokkervereniging se baas sê hy dra geen kennis daarvan dat ABSA onttrek het nie.

“Ek het verneem Absa het as ’n borg onttrek, maar niemand van Absa het nog persoonlik met my daaroor gepraat nie,” het Jordaan gesê.

Ene Bobby Malabie, die Uitvoerende groephoof van Barclays sê die besluit om as borg te onttrek, spruit uit ’n hersiening van Absa se doelwitte.

“Sedert ons betrokkenheid by Bafana sokker, het ons gesien hoe sokker die rasse- en kultuurgapings oorbrug,” het hy gesê.