Zuma word gedagvaar

Adv. Pikkie Greeff, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu), sê dat pres. Zuma se naam op die lys verskyn van mense wat moet getuig in die militêre hof, rakende die omstrede Gupta-vliegtuiglanding by Waterkloof.

 

Die lys van getuies van lt. kol. Christine Anderson, wat aanvanklik die enigste lugmagoffisier was wat vir die debakel verantwoordelik gehou is, sluit pres. Jacob Zuma in.

Adv. Greeff sê dat Anderson en Sanwu sal nie rus tot pres. Zuma voor die militêre hof verskyn het nie. Hulle is blykbaar bereid om hulle tot die hoogste hof te wend en sal bly veg om Zuma in die getuiebank te kry.

 

“Dit moet gebeur. Ons gaan hom op ons lys van getuie sit en sê die staat moet hom dagvaar. As dit nie gebeur nie, sal ons ’n bevel van die hooggeregshof kry. Die verhoor sal nie voortgaan as ons nie die getuies kan roep wat ons wil nie,” het adv. Coetzee gesê.

Blykbaar sal vyf SANW-lede vervolg word. Aanvanklik was lt. kol. Christine Anderson as die skuldige voorgehou asof sy die landing op haar eie toegelaat het.

Die verrigtinge is tot 13 September uitgestel.