Zuma prys Nasionale polisiehoof

Tydens ’n mediakonferensie in Pretoria het pres. Zuma ’n toespraak gelewer en ook oor die goeie hoedanighede van die nasionale polisiehoof, genl. Riah Phiyega gepraat.

Zuma het ondermeer na haar verwys  as absoluut wonderlik, bevoeg vir die werk, en selfversekerd.

Die konferensie is belê om die media in te lig oor sy voorgenome reis na Rusland waar die G20-beraad vandeesweek gehou word.

Pres. Zuma se lofrede oor die generaal kom kort nadat sy hewige kritiek moes verduur oor die verkeerde optrede om genl. maj. Bethuel Mondli Zuma aan te stel as polisiehoof in Sentraal-Transvaal, terwyl hy reeds ’n rekord het van dronkbestuur.

Dit het genl. Riah Phiyega genoodsaak om enkele ure later die aanstelling wat sy gemaak het, terug te trek.

Foto – genl. Riah Phiyega