Zim olifante vergiftig

Die sianiedvergiftiging gaan onverpoos voort in Zimbabwe waar reeds meer as 85 olifante vergiftig is met die gevaarlike gif.

’n Woordvoerder van die Zimbabwe Parke sê die tragedie het nog nie opgehou nie en die rowers wat net die ivoortande uitslag, kom meestal weg daarmee.

Zimbabwe het glo baie dringend hulp nodig aangesien hulle nie oor die mannekrag en ander hulpbronne beskik om die stropers vas te vat nie.

Veldwagters het blykbaar die afgelope naweek op 64 olifant karkasse afgekom en kort daarna op nog 23.

As gevolg daarvan is honderde aasvoëls dood wat aan die karkasse gevreet het. Na raming is meer as 450 dooie aasvoëls reeds gevind.

Ander roofdiere het ook in die slag gebly wat aan die dooie olifante gevreet het,

Slegs 51 olifanttande is terug gevind en is vyf stropers in hegtenis geneem.

Die Parke personeel sê hulle benodig kamoefleer klere, meer personeel en hulpmiddels om te verhoed dat al die diere van die land uiteindelik vrek van vergiftiging.

Stropers het blykbaar die soutpanne met ’n sianied-oplossing besmet en die olifante het aan die sout gelek.