Wyn "skaarste" laat pryse opskiet

Tydens die jaarlikse Nederburg-wynveiling, het die pryse selfs die mees onverwagte oortref, en met ’n omset van bykans R4,5 miljoen, het die helfte minder wyn dieselfde omset teweeg gebring as verlede jaar.

Verlede jaar is R4,7 miljoen omset bereik.

Vanjaar se verkope het die inkomste met meer as 90% laat styg teenoor die vorige veiling wat in 2012 gehou was.

Met vanjaar se veiling het die gemiddelde prys gestyg vanaf R184,80 per liter in 2012, tot ’n allemintige R354,64.

Slegs 12,426 liter wyn is opgeveil teenoor die 25,444 liter in 2012.