WNNR doen studie oor besoedeling

Binne enkele weke sal die WNNR begin met navorsing en indringende studiewerk om te probeer vasstel wat die lugbesoedeling se uitwerking om die mens en sy omgewing is, veral in die PWV-gebied, maar ook in besonder in die Vaaldriehoek omgewing.

Inwoners en medici kla reeds vir 25 jaar oor die erge besoedeling van die lug wat hoofsaaklik veroorsaak word deur groot nywerhede in die gebied.

Departement Omgewingsake het die WNNR gevra om hul navorsingsgroep oor modellering en klimaatsverandering, asook die invloed van alles op die omgewing se gesondheidstoestande te begin.

Toetse sal glo op 350 kinders van vier laerskole gedoen word en weens die senditiewe toetse, word die skole se name nie bekend gemaak nie.

Waarnemers het aan Die Vryburger gesê die skole is waarskynlik nie in blanke gebiede geleë nie, en daarom sal die toetse nie baie realisties wees nie aangesien menige swart kinders uit plakkerskampe kom waar hulle aan nog meer besoedeling blootgestel is.

Gedurende 1990 het die WNNR ’n soortgelyke oefening gedoen in die gebeid, en toe bevind dat meer as 70% van die kinders wat getoets is, aan een of ander graad van sinusitis gely het.