"Wit weduwee" het RSA paspoort

Departement Binnelandse Sake het bevestig dat die Britse vrou, bekend as die “wit weduwee” ’n vervalste paspoort van Suid-Afrika het.

Die regering van Kenia het reeds in 2011 vasgestel die vrou se Suid-Afrikaanse paspoort is vervals, en Suid-Afrika het dit nou bevestig.

Samantha Lewthwaite, die sogenaamde “wit weduwee”, is Al-Sjabaab se hoof werwer in Oos-Afrika, en word bestempel as ’n gewetenlose terroris.

Ooggetuies berig dat hulle gesien het hoe sy bevele uitskree vir die mans tydens die aanval in Nairobi.

Op Lewthwaite se vervalste Suid-Afrikaanse paspoort word sy aangedui as Natalie Faye Webb.

Aanvanklike gerugte dat die “wit weduwee” in die aanval gedood is, blyk foutief te wees aangesien haar liggaam tot hede, nie gevind kon word nie.