Wildstroper geskiet – nou probleme

’n Wildstroper probeer steel wat nie aan hom behoort nie, jaag weg toe hy betrap word deur die eienaar se seun, word geskiet, en is nou ’aangekla vir moord.

Mnr. Richard Hume (31), die seun van die bekende renoster-teler John Hume, het die vermeende stroper in hul privaat wildreservaat betrap, en hom geskiet toe hy op vlug geslaan het.

Richard is in die Malalane-landdroshof op borgtog van R5 000 vrygelaat nadat hy twee dae tevore in hegtenis geneem is en ’n aand in polisieselle aangehou is.

Richard het  ’n verdagte, in ’n Ford Bantam-bakkie in die privaat wildreservaat van die familie betrap en gewys dat hy moet stilhou. Instede daarvan, het die vermeende stroper probeer wegjaag.

Dit blyk dat die bakkie gestop het nadat die insittende, ene Sabelo Maphungla gewond is deur Richard.

Twee ander swartes mans wat agterop die bakkie was, het gevlug.

’n Bosvark wat geskiet is, is op die bakkie gevind.

.