Wil braai-rekord verbeter

Die skottels staan in rye, die hout netjies gepak en binne bereik, die kappies vleis en die boerewors maak ligte sis geluide, en die lug is gevul met die heerlikste geur wat in Suid-Afrika kan wees…

Mnr. John Hamman van die Wes-Kaap wil ’n nuwe rekord opstel, wat beteken dat hy meer as 62 uur, 7 minute moet aanhou braai, volgens die streng voorskrifte om opgeteken te word in die “Guinness Book of Records”.

Hy wil die rekord oortref wat voorheen deur ’n Pretorianer opgestel is.

Sy poging bring mee dat hy die sowat 3,000 stukkies vleis, wat deur borge voorsien is, sal moet braai terwyl sy doen en late deur kringtelevisie opgeneem en getuies waargeneem word..

John sê die gaar vleis word aan tehuise geskenk.

Sy seun, sy vriende en belangstellendes kom kort-kort ’n draai maak om te kyk of alles volgens plan verloop – die rekord boeke wag!