Waterpyp laat kommissie rus

Die ondersoek na die omstrede wapentransaksies van Suid-Afrika, is gekortwiek in Pretoria, toe ’n waterpyp in die raadsaal gebars het.

Die Seriti-kommissie, wat teen astronomiese koste aan die gang gehou word om die ondersoek te doen, is tydelik van hulle werksaamhede “onthef” as gevolg van die waterpyp wat onklaar geraak het.

’n Woordvoerder van die kommissie sê hulle wag nou vir die stadsraad om “terugvoering te gee oor die vordering” om ’n pyp te vervang of te herstel.

Blykbaar sou Brig. Genl. Piet Burger, direkteur van helikopterdienste van die Lugmag, vandag voor die kommissie getuig het.

Dit is nou alles op die ys geplaas “tot terugvoering ontvang is.

Kenners is van mening dat die stadige tempo waarteen die Kommissie werk, onaanvaarbaar is, en die indruk by die publiek laat dat hulle besig is om iets te verdoesel.