Waterkloof-4 terug tronk toe

Die joernaliste wat gewag het dat die twee jongmanne, van die sogenaamde “Waterkloof-4”, Maandagoggend moet aanmeld by die Zonderwater tronk, naby Cullinan, was gevra om die terrein te verlaat.

Die twee manne, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt, moet sorg dat hulle voor 1.00 nm. by die tronk opdaag nadat die Hooggeregshof in Pretoria beveel het dat hulle moet teruggaan tronk toe.

Beamptes van Korrektiewe Diens was redelik aggressief teenoor die verslaggewers en hulle selfs gedreig met inhegtenisname indien hulle nie dadelik die perseel verlaat nie.