Water-wet versinnebeeld kommunisme

Die ANC-regering is besig om die Waterwet te hersien met die doel om waater weg te neem van die landbou-sektor ten gunste van diegene wat “nie toegang het tot water nie”.

Watergebruikers, en in besonder die boere, se lisensies hersien word om volumes toegekende water, wat nie gebruik word nie, aan die staat oor te dra.

Hoofsaaklik die landbousektor, wat glo volgens die Minister van Waterwese,  Edna Molewa, sowat 60% van alle water lisensies het, sal deur die nuwe bepalings geraak word.
Die regering wil die beginsel toepas van  “gebruik die water, of verloor dit” wat beteken dat die water wat nie gebruik word nie, deur die staat “terug gevat mag word” om aan ander te gee wat dit nodig het.

Mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA, het in sy reaksie hierop gesê die nuwe wet kan voedsel­sekerheid nog verder onder druk plaas in Suid-Afrika aangesien die die meeste voedsel onder besproeiing geproduseer word. Dit kan meebring dat 50 miljoen mense ’n kosskaarste ondervind.

Mnr. Meintjes het ook daarop gewys dat die waarde van ’n plaas direk gekoppel is aan die watervoorraad. Dit maak ook inbreuk op die privaat eiendomsreg van boere. 
Kenners wys daarop dat die nuwe bepalings het meer om die lyf as wat deur die regering bekend gemaak word. Die nuwe Wet het ten doel om die omstandighede van boere verder te bemoeilik en wil net die grondgryp program bevorder.

Die Minister kan, by wyse van voorbeeld, ’n boer se watervoorraad opskort en toeken aan ander instansies of mense, aangesien dit “in openbare belang” is.

’n Landboukundige het aan Die Vryburger gesê die maatreël is ’n klug. Gedurende sekere jare is die boer geseënd met hoë reënval, wat beteken dat hy minder water benodig vir besproeiing. Indien sy water lisensie dan gewysig word om minder water te ontvang, kan dit die jaar daarna, wat dalk ’n uitermatige droë jaar is, rampspoedige gevolge inhou.