Vyf aangekla oor Gupta-landing

Vyf lugmagoffisiere word glo verantwoordelik gehou vir die Gupta-landing wat vroeër vanjaar onwettig op die Waterkloof-lugmagbasis plaasgevind het.

Die aangeklaagdes is lt.kol. Christine Anderson, lt.kol. Stephanus van Zyl, sers.maj. T. Ntshisi, kol. Nomsa Khumalo en kol. Promise Evelyn Nkosi.

Al vyf het in die militêre hof verskyn op ‘n reeks aanklagte. Dit het betrekking op die oortreding van die militere dissiplinekode se regulasies.

Die saak is uitgestel tot 2 Oktober.

Adv. Pikkie Greeff tree namens Anderson op, en het daarop gewys op die vreemde handeling dat brig.genl. Les Lombard, wie aanvanklik aangekla is, nie meer aangekla gaan word nie.

Foto – Adv Greeff