Vrystaatse skandaal word erger

Dit is ’n feit dat die Vrystaat se grootste skandaal waarskynlik sy swak paaie is wat nie herstel word nie, en nou kort die provinsie sowat R600 miljoen om meer as 20 paaie te herstel.

Die provinsie verkeer in ’n baie ernstige finansiële krisis weens die nalatigheid om betyds aandag te skenk aan die verslegtende paaie.

Joyce Masemola, ’n Departementshoof, moes voor die provinsie se staande komitee vir Openbare Rekeninge verslag doen en gesê die fondse sal slegs nie voor die volgende boekjaar beskikbaar gestel kan word nie, maar ses van die meer as twintig paaie waaraan daar tans gewerk word, sal herstel wees gedurende die jaar.

’n Woordvoerder, wat verkies om anoniem te bly, het aan Die Vryburger gesê die provinsie se infrastruktuur is besig om uitmekaar te val, en die regeerders beskik nie oor die vermoë om doeltreffende bestuur toe te pas nie.

“Dit verklaar waarom die Vrystaat se skandaal van vrot paaie, net erger word”, het hy gesê.