Vrou sterf in huis brand

’n Bejaarde dame (79) het Sondagoggend in ’n dubbelverdiepinghuis in Monumentpark, Pretoria, doodgebrand nadat ’n brand in die huis ontstaan het.

 

Die brand het blykbaar gedurende die nag ontstaan en het baie vinnig deur die huis gewoed weens die plankvloere in die dubbelverdieping gebou.

Die Pretoria Nooddienste het lank na die ouer vrou gesoek wat op die boonste deel van die huis geslaap het.

’n Ander vrou en ’n man is albei weens rook inaseming en brandwonde behandel maar die huis is in puin met net die swart gebrande mure wat oor is.

Dit is nie bekend wat die brand veroorsaak het nie.