Vreemde magsvertoon

Die inwerking stel van die e-tol op snelweë in Sentraal Transvaal is volgens die ANC, ’n uitgemaakte saak, dit hang net af wanneer dit gaan gebeur.

Die Minister van Vervoer, Dipuo Peters,  moet die finale regulasies en toltariewe gereed kry en dan in die Staatskoerant publiseer. Dit moet minstens 30 dae voor die e-tol stelsel mag begin, gepubliseer word.

Tiyani Rikhotso, haar woordvoerder, sê hulle weet nie wanneer die minister die finale sake gaan afhandel nie, want die minister is tans in die buiteland.

Toe joernaliste wou weet wanneer die minister terugkeer uit die buiteland, was die woordvoerder se antwoord kort en saaklik, “Dit maak nie saak nie”.

.