Voorafbetaal-meters vir Pretoria

Die stadsraad van Pretoria het besluit dat die hele stad toegerus moet word met elektrisiteitsmeters wat vooraf betaald met kragvoorsiening is.

Die sowat 800,000 huishoudings en 100,000 sakeondernemings sal glo gratis toegerus word met die meters.

’n Woordvoerder sê dat ’n skedule opgestel is wat aandui hoe die wyke bedien sal word met nuwe meters. Die skedule sal binnekort aan die publiek beskikbaar gestel word.

Die munisipaliteit sal glo deur middel van die media en met strooibiljette die publiek verwittig van die skedule om meters aan te bring by elke perseel.

Blykbaar sal die groter maatskappye eerste van meters voorsien word, en dit kan reeds in aanvang neem teen die begin van Oktober.