VOLKSMOORD – MUUR VAN HERINNERING


Die sinnelose barbaarse moorde op ons volk sleur al sedert 1994 voort en is tans besig om drasties, amper ongesiens toe te neem. Aangesien die volksmoord deur die media en die huidige kommunistiese regering ontken en verswyg word, het die Donkerhoek Verkenners besluit om ‘n Muur van Herinnering op te rig vir ons volksgenote wat in die volksmoord vermoor word.

Alle volksgenote wat vermoor is van 1994 se name sal op die Muur van Herinnering aangebring word. Die muur gaan opgerig word op die volksdorp Kleinfontein, deur die goedgunstige samewerking van Mnr Hannes Conradie wat grond vir die doel beskikbaar gestel het.

Aangesien dit vir die Donkerhoek Verkenners belangrik is dat die name op die muur wel akkuraat en korrek aangebring moet word, gaan die volksmoord databasis van Projek 2010 gebruik word vir die Muur van Herinnering. Projek 2010 (www.projek2010.co.za) hou tans ‘n betroubare lys op datum van die volksmoord en elke moord word ekstern bevestig deur ‘n bewys van welke aard.

Die projek gaan binnekort geloods word en die volk sal gevra word vir bydraes om die projek so spoedig en waardig as moontlik as ‘n belangrike monument gevestig te kry. Die Donkerhoek Verkenners hoop dat die sinnelose moorde binnekort gestop kan word, maar sal die muur elke jaar met die nuwe name op dateer.

U voorbidding en ondersteuning word gevra vir die projek.

Aangeheg ‘n kunstenaars voorstelling van hoe die muur gaan lyk.

Jan Beyers
Voorsitter
Donkerhoek Verkenners
079 357 5804